Huiswerk vir more!
11 Mei 2016
Berei die tema Kleur (kleurtermenologie, kleurwiel) voor vir more se klas. Voltooi dus die aanlyn aktiwiteit (Kahoot) nadat jy voorberei het as huiswerk. Die tema sal in die klas bespreek word en vragies sal gevra word om te kyk of die aanlyn aktiwiteit gedoen is.
13 Mei 2016
Ontwerp `n kleurwiel wat primêre, sekondêre en tersiêre kleure bevat.
Gebruik die handboek as hulpmiddel (bl 101 - 104)
Kwartaal Toets
Dinsdag, 31 Mei 2016
Toets sal plaasvind in toetsperiode
Uitleg van die toets:
50 punte
60 minute
Afdeling A - Pas kolom A by kolom B
10 punte
Afdeling B - Kombinasie van kortvrae en lang vrae.
Kortvrae - 15 punte
Langvrae - 25 punte
Die toets handel oor Kwartaal 1 se werk, dus die tema`s ontwerpelemente en beginsels.
Jy is welkom om enige vrae te vra oor werk wat jy nie verstaan nie. Berei moontlike vrae voor, want daar sal 24 Mei in klastyd tyd gegun word om die vrae te beantwoord.
No comments:
Post a Comment